Delivery included for orders over R990 - NATIONWIDE - T's & C's Apply

An absolute gem to greet you at Darling Cellars

 

When visiting Darling Cellars, chances are you have been served at the tasting room by uber helpful and friendly Christine, affectionately called Meisie by those who know her.  Christine has been at Darling Cellars for 13 years now and has, not only achieved extraordinary personal growth, but has transformed the tasting room and the offerings to what it is today.  This is her story- a true inspiration of perseverance and hard work and a feather in the cap for Darling Cellars for giving her the fertile ground to grow:

“Ek het in 2008 by die kelder begin as algemene assistent , Johandri was toe die Toonbank verteenwoordiger . (Ek het altyd aan haar lippe gehang met haar wynstories)

3 Jaar later het ek ontvangsdame  geword, meer in administrasie beweeg en wynkursusse so tussen in gedoen. Ek uit uitgehelp by Toonbank as die persoon in beheer verlof geneem het en naweke saam met die bemarkers en wynmakers by feeste ens. gehelp met wynproee.

In die 4 jaar as ontvangsdame het ek begin om verkope telefonies te behartig en te reel namens die persoon by Toonbank. So het ek agter gekom hoe baie ek eintlik dié deel van die werk geniet en omdat ek baie praat ,het ek meer  gemakliker  geraak om tussen al die klomp mense te wees as agter die skakelbord.

Daarna het ek by die Toonbank begin.  Na 2 jaar het ons agtergekom die geriewe is beperk vir die hoeveelheid kliente wat ons kom besoek en het ons die tent aangesit en die proe gedeelte na n grooter area geskuif .

Ek het begin om ligte etes te bedien en n jaar na dit het ek elke Woensdae ‘n sekere soort lekker vullende bord kos bedien. Dit is baie gewild en ons moet partymaal mense weg wys want ons geriewe is beperk.

Ons gaan een van die dae ons kombuis groter maak en ons spyskaart meer uitbrei.

Ek het Kode 10 lisensie 2 jaar terug gekry met die idee om self my kliente met die bus die oggend te gaan haal en weer terug te neem as die funksie klaar is.

Ek is nou 13 jaar by Darling  Kelder en ek het nog baie meer planne vir my Proelokaal wat baie opwindend is. Maar ons sal  steeds cozy en gemaklik bly met ons kliente .

Ek het baie geleer by die Kelder en veral om uit hou vermoë te het. Dit sal wel eendag in jou guns tel!”

The Darling Cellars tasting room is open

Mon- Thu 9:00 to 17:00, Friday 9:00 to 16:00 and Sat from 9:00 to 14:00

Print Friendly, PDF & Email

0 Comments

Leave a reply